U keuse
U gids
Inhoudsopgawe
Welkom bladsy 01
U keuse. U gids bladsy 01
Bestuur u LIDMAATSKAP bladsy 01
Hoekom is dit belangrik om u lidmaatskap te bestuur? bladsy 01
Wie kom in aanmerking om 'n GEMS-lid te wees? bladsy 01
Bepalings en voorwaardes van GEMS-lidmaatskap bladsy 02
Hou GEMS op hoogte bladsy 02
Alles oor AFHANKLIKES bladsy 02
Hoe om u afhanklikes te registreer bladsy 02
Het u geweet? bladsy 04
Hersiening van afhanklikes se geskiktheid bladsy 04
U VOORDELE vir 2010 bladsy 05
GEMS jaarlikse voordele 2010 bladsy 05
Waarvoor betaal GEMS nie? bladsy 09
Wenke om u voordele beter te bestuur bladsy 10
Gebruik van U voordele bladsy 11
Siektebeheerprogramme bladsy 11
Chroniese medikasie-program bladsy 12
Onkologiebeheer bladsy 15
Optometriebeheer bladsy 16
Tandheelkundebeheer bladsy 16
Kraamprogram bladsy 17
Hospitalisasiebeheer bladsy 17
Nooddienste bladsy 18
U EISE in 'n neutedop
OORSKAKELING na 'n ander voordele-opsie
KOSTE van GEMS-lidmaatskap Bydraetabelle Bydrae-state Tred hou met agterstallige bydraes Hoe om die verskillende kodes op u salarisstrokiete verstaan
Ons LUISTER na u
Staan saam teen BEDROG!
Glossarium
GEMS-kontakbesonderhede bladsy 19bladsy 22bladsy 23bladsy 23bladsy 23bladsy 23
bladsy 23bladsy 24bladsy 24bladsy 24
bladsy 25bladsy 25bladsy 26bladsy 28bladsy 27bladsy 28bladsy 30
Welkom
Welkom by GEMS, die voorkeur-mediesefonds wat gesondheid binne u bereik plaas. U is nou deel van 'n sterk, finansieel gesonde mediesefonds wat aan u 'n verskeidenheid gesondheidsorgvoordele bied wat nommerpas vir u en u gesin se behoeftes is.
U kan rus in die wete dat u die regte keuse gemaak het toe u 'n GEMS-lid geword het.
Ons is trots daarop dat GEMS se onverpoosde strewe na uitnemendheid, ons toewyding aan u en u gesondheidsorgbehoeftes ons steeds besiel om aan u die beste moontlike gesondheidsorgvoordele teen die bekostigbaarste tariewe te bied.
Met 2010 wat voorlê, het GEMS homself bewys as 'n gedugte fonds met 'n uitgebreide netwerk diensverskaffers wat gekontrakteer is om u toegang te gee tot die beste gesondheidsorgdienste teen bekostigbare tariewe.
GEMS se missie of doel is ...
Om alle staatsdienswerknemers van gelyke toegang tot bekostigbare, omvattende gesondheidsorgvoordele te voorsien.
Die Fonds se visie is ...
Om 'n uitnemende, bekwame en doeltreffende mediesefonds vir alle staatsdienswerknemers te wees.
Ons waardes bepaal altyd ons koers:
Uitnemendheid
Eenvoud
Duidelike kommunikasie
Lid-gerigtheid
Konsekwente uitvoering
Buigsaam
Innoverend
Ingesteldheid op reaksie
Waarde vir geld, en
Omsigtigheid
U gesondheid is kosbaar! Elke beampte by GEMS lê die nodige sorg en ywer aan die dag om te verseker dat u dit goed oppas.
U Keuse. U Gids
Hierdie omvattende pamflet sit die uitgebreide voordele en dienste wat tot u beskikking is, uiteen. Lees die gids sorgvuldig en bêre dit op 'n veilige plek om te verseker dat u dit weer kan raadpleeg indien u enige vrae het.
Hierdie gids bevat belangrike inligting oor die Ruby, Emerald en Onyx-opsies. Indien u graag u opsie wil wysig, raadpleeg asseblief bladsy 23 vir meer inligting. U kan ons webwerf www.gems.gov.za besoek vir nader besonderhede oor GEMS se Sapphire en Beryl-netwerkopsies, of u kan die Fonds kontak by 0860 00 4367. Hierdie gids som verskeie aspekte van GEMS se voordele en die Fondsreëls op. Dit word slegs gebied om as 'n verwysing te dien en vervang nie die geregistreerde reëls van die Fonds nie. In geval van 'n dispuut, geniet die geregistreerde reëls voorkeur. Die geregistreerde reëls is op skriftelike versoek beskikbaar by: www.gems.gov.za, die Raad op Mediesefondse of die Hoofbeampte.
BESTUUR U LIDMAATSKAP
Hoekom is dit belangrik om u lidmaatskap te bestuur?
In u hoedanigheid as 'n lid moet u seker maak dat u sekere reëls en prosedures nakom om die meeste waarde uit u lidmaatskap te put. U moet die Fonds op die hoogte hou van enige wysiging aan u persoonlike besonderhede, en hou by die bepalings en voorwaardes van u lidmaatskap.
Om die jongste lid-inligting by te hou sal verseker dat u 'n moeitevrye ervaring beleef wanneer u van u voordele gebruik moet maak.
Wie kom in aanmerking om 'n GEMS-lid te wees?
U kan by GEMS aansluit indien u werksaam is by, of 'n pensionaris is van:
n Nasionale Departement wat in Skedule 1 van die Staatsdienswet gelys word;*
n Provinsiale Departement wat in Skedule 2 van die Staatsdienswet gelys word;*
n Provinsiale Administrasie wat in Skedule 2 van die Staatsdienswet gelys word;
Organisasies wat in Skedule 3 van die Staatsdienswet gelys word; of
Indien u aan enige werkgewergroep wat deur die Fonds goedgekeur is, behoort.
Ons benodig die volgende dokumentasie vir die onderskeie kategorieë afhanklikes:
Eggenoot
In die geval van 'n tradisionele huwelik, 'n beëdigde verklaring deur die hooflid wat sy verpligting jeens sy eggenoot bevestig.
n Huweliksertifikaat word vereis indien die eggenoot se van verskil van die
Indien die kind nie 'n student of gestremd is nie:
Verklaring deur lid wat finansiële afhanklikheid bevestig.
Die eggenoot moet geregistreer wees ten einde die stiefkind by te voeg.
Aangetroude kinders
Beëdigde verklaring deur lid wat die begunstigdes se finansiële afhanklikheid van die lid bevestig.
Die kind van die hooflid of die lid se eggenoot moet geregistreer wees ten einde die aangetroude kind by te voeg.
Ouers, skoonouers, grootouers of aangetroude grootouers
Beëdigde verklaring deur hooflid wat die begunstigdes se finansiële afhanklikheid van die lid bevestig.
Skoonouers en aangetroude grootouers mag slegs geregistreer word indien die eggenoot ook as 'n begunstigde geregistreer is.
Kleinkinders en agterkleinkinders
Bewys van kindersorgtoelaag wat deur die lid of die eggenoot ontvang word.
Beëdigde verklaring (wat deur die lid en die biologiese ouer, waar van toepassing, voltooi moet word) wat die kleinkind se finansiële afhanklikheid van die lid bevestig.
Indien die kind se ouer ook as 'n afhanklike geregistreer is, word 'n verklaring slegs vir die kleinkind of agterkleinkind benodig.
Sibbe/s, halfsibbe/s, stiefsibbe/s en aangetroude sibbe/s
Beëdigde verklaring (wat deur die lid voltooi moet word) wat die sibbe se finansiële afhanklikheid van die lid bevestig.
Die sibbe van 'n hooflid of die lid se eggenoot kan as 'n begunstigde geregistreer word.
Die eggenoot moet geregistreer wees ten einde die eggenoot se sibbes as afhanklikes by te voeg.
Sibbe/s se kinders
Beëdigde verklaring wat die broers- en/of susterskinders se finansiële afhanklikheid van die lid bevestig. Die beëdigde verklaring moet deur die lid en die sibbe, waar van toepassing, afgelê word.
Die kinders van 'n sibbe van 'n hooflid of die lid se eggenoot kan as begunstigdes geregistreer word.
Indien die kind se ouer ook as 'n afhanklike geregistreer is, hoef slegs die hooflid 'n verklaring vir die broers-/susterskind af te lê.
wat benodig word tydens enige
Gesondheidsorgdienste verpligte
Tonikums, verslankingspreparate, of medisynes wat aan die publiek
Huishoudelike en biochemiese rate; o Steroïede; o Sonskermmiddels en o Roaccutane en Retin A, of enige behandeling vir ligter vel.
Beperkings
Die maksimum voordele waarop 'n lid en sy/haar afhanklikes in enige finansiële jaar geregtig is, is beperk, soos uiteengesit in die voordeleskedule vir daardie spesifieke jaar. Voordele wat verband hou met medisyne wat per voorskrif verkry is, is beperk tot een maand se voorraad vir elke sodanige voorskrif of herhaling daarvan, tensy die Raad anders besluit.
Onthou asseblief dat, indien u ná 1 Januarie by die Fonds aansluit, u voordele pro rata bereken sal word ooreenkomstig u aansluitingsdatum. Indien u byvoorbeeld in Julie aansluit, sal u slegs op die helfte van die voordele geregtig wees wat onder sekere sublimiete voorsien word, bv. Chroniese Medisyne- en Akute Medisyne-voordele. Indien u onseker is oor hoe dit u sal raak, kontak gerus die Fonds by 0860 00 4367.
Wenke om u voordele beter te bestuur
Die SMS Voordele Naslaandiens stel u in staat om presies te weet watter voordele u nog beskikbaar het. Indien u 'n dokter moet spreek of 'n prosedure moet laat doen, kan u u beskikbare voordele nagaan deur 'n SMS na 33489 te stuur (elke SMS kos R1.50).
Hoe dit werk
Stap 1 Tipe Voordeel.
Stap 2 Tik u GEMS-lidmaatskapnommer in
Stap 3 Kies die voordeel wat u wil nagaan, bv. algehele jaarlikse perk
Stap 4 Tik die kortkode vir algehele perk in
Stap 5 Tik u afhanklike kode in - u kan dit agterop u lidmaatskapkaart onder
Naam" kry (bv. 00, 01, ens.). Indien u die hooflid is, tik "00" in.
Stap 6 Druk stuur op u selfoon.
Stap 7 Wag 'n paar sekondes vir GEMS se antwoord.
Indien u enige navrae het, skakel GEMS asseblief by 0860 00 4367. 'n Stap-vir-stap-gids vir die gebruik van hierdie diens kan ook van die webwerf afgelaai word by www.gems.gov.za.
Chroniese medikasie-program
Wat is chroniese medikasie?
Chroniese medikasie sluit in:
Medikasie vir lewensbedreigende siektes soos diabetes;
Medikasie wat op 'n volgehoue basis gebruik word om stremmende chroniese siektes wat produktiwiteit en lewensgehalte beduidend beïnvloed te behandel; en
Baie duur korttermynmedikasie wat ander duur behandeling soos hospitalisasie sal voorkom.
Hoe laat ek my chroniese medikasie goedkeur?
Skakel GEMS by 0860 00 4367 en vra vir 'n chroniese medikasie aansoekvorm of laai een af by www.gems.gov.za.*
Elke lid van u familie wat chroniese medikasie benodig, moet 'n aparte aansoekvorm invul. U hoef hierdie aansoekvorm slegs een keer vir elke familielid in te vul.
Die dokter wat u behandel moet die vorm voltooi.
n Afsonderlike vorm moet voltooi word vir elke lid van u familie wat chroniese medikasie benodig. U hoef hierdie aansoekvorm slegs een keer vir elke familielid in te vul.
Verseker dat u aansoek volledig is en deur u en u dokter geteken is.
Faks die voltooide vorm en herhaalbare doktersvoorskrif na 0866 51 8009 vir oorweging.
Indien u aansoek heeltemal of gedeeltelik goedgekeur is, sal u 'n Medisyne-toegangskaart kry wat die medisynes lys waarvoor betaling uit u chroniese medikasie-voordeel goedgekeur is.
Indien die goedgekeurde medikasie verskil van die medikasie wat versoek is, sal 'n brief aan u Medisyne-toegangskaart geheg word, en 'n afskrif sal ook na u dokter wat dit voorgeskryf het, gestuur word.
Indien 'n aansoek om chroniese magtiging van 'n item/items afgekeur word, sal u en u dokter ook 'n brief ontvang waarin die besluit gemotiveer word.*
Voorskrifte moet elke 6 maande hernu word.
Hoe kry ek my goedgekeurde chroniese medikasie?
Die handgeskrewe, herhaalbare voorskrif deur u dokter vir die medisyne wat op die Medisyne-toegangskaart gelys word, moet na die GEMS Chroniese Medisyne Aangewese Diensverskaffer (ADV), Medipost, by 0866 51 8009 gefaks word. Onthou om u mediesefonds-nommer en kontakbesonderhede te verskaf.
Die ADV sal u dan kontak om die afleweringsdatum en die afleweringsadres te finaliseer. Hulle sal ook verseker dat u elke maand u chroniese medikasie ontvang sonder dat u hulle hoef te kontak.
Indien daar 'n wysiging is aan u standaard behandelingsvereistes, gee asseblief die ADV genoegsaam kennis (een week of meer) voor u volgende afleweringsdatum.
Indien u verkies om u goedgekeurde chroniese medikasie by 'n apteek of 'n resepterende dokter van u keuse te kry, sal u aanspreeklik wees vir 'n 30% bybetaling wat u direk aan die apteek of resepterende dokter moet betaal.
Indien u dokter medikasie voorskryf wat nie op die GEMS-medikasielys is nie, sal daar 'n bybetaling wees wat u direk aan die apteek of resepterende dokter moet betaal.
Betaal GEMS vir alle chroniese medikasie wat deur dokters voorgeskryf word?
GEMS sal vir chroniese medikasie betaal wat volgens die medisyne-voorskriflys voorgeskryf word. Die medisynevoorskriflys is 'n lys kostedoeltreffende medikasie wat die dokter se behandeling van spesifieke mediese toestande rig. Medisynevoorskriflyste word voortdurend deur mediese spesialiste nagegaan en bygewerk om te verseker dat dit strook met die jongste behandelingsriglyne.
Daarby kwalifiseer slegs siektes wat in die Chroniese Siekte-lys (CSL) genoem word, vir chroniese medisyne. Die Chroniese Siekte-lys (CSL) is 'n wetlik gepromulgeerde lys met spesifieke chroniese toestande waarvoor 'n verpligte minimum behandelingsvlak bestaan (sien hieronder).
Hoe groot is my beskikbare chroniese medikasie-voordeel?
Sien die volledige voordeleskedule op bladsy 7 vir nader besonderhede of skakel die Fonds by 0860 00 4367.
Watter toestande word onder die chroniese voordeel gedek? Lys 3: Onyx
Epilepsie
Asma
Allergiese Rinitis
Gloukoom
Menopouse
Hemofilie (bloeisiekte)(Werwelontsteking)
Hiperlipidemie
Kardiale Versaking Anorexia Nervosa
Hipertensie
Narkolepsie
Kardiomiopatie
Angs
Senusiektes
Chroniese Obstruktiewe Pulmonale
Aandaggebrek-hiperaktiwiteit- Siekte
Veelvuldige Sklerose versteuring
Chroniese Renale (Nier-)Siekte Barrett-oesofagus
Osteopenie
Koronêre Arterie-siekte Goedaardige Prostatiese
Skisofrenie
Osteoporose
Sistemiese Lupus Eritematose
Diabetes Mellitus Tipe 1 Waanbeeldversteuring
Psoriase
Diabetes Mellitus Tipe 2 Depressie
Dermatitis Beroerte
Verdere toestande wat onder die chroniese voordeel gedek word
Sistemiese Sklerose
Ekseem
Die volgende drie aanvullende CSL'e dui chroniese toestande aan wat bo en
Gastro-esofageale Reflukssiekte behalwe die gepromulgeerde CSL (sien vorige bladsy) gedek word, en wat in
Algemene Angsversteuring
Hartklepsiekte
Goedaardige Prostatiese Hiperplasie
Psoriase
Ekseem/Dermatitis
Aknee
Allergiese Rinitis
Algemene Angsversteuring
Menopouse
Angs
Narkolepsie
Aandaggebrek-hiperaktiwiteit- versteuring
Goedaardige Prostatiese Hiperplasie
Psoriase
Waanbeeldversteuring
Depressie
Hospitalisasiebeheer
Hospitalisasiebeheer verseker dat u gepaste gehalte- gesondheidsorg ontvang terwyl u in die hospitaal is. Die voorafmagtigingsproses verseker die mediese noodsaaklikheid en gepastheid van die beplande ingryping vóór toelating tot die hospitaal.
U moet voorafmagtiging vir die volgende kry:
Fisioterapie in die hospitaal
Ambulansvervoer (sien bladsy 18 vir meer inligting oor nooddienste)
Sekere onkologiebehandeling (sien bladsy 15 vir meer inligting)
Gespesialiseerde tandheelkunde (sien bladsy 16 vir meer inligting)
Sekere medisynes en prosedures word as nuwe tegnologie beskou, wat beteken dat langtermynresultate en positiewe uitslae nog nie nagevors is nie, of as nie gedekte items beskou word. Hierdie sake behoort te alle tye voor toelatingmet u bespreek te word, maar word soms nagelaat. In so 'n geval, kan GEMS bykomende inligting en motivering vereis, en selfs dan kan sodanige proses nog nie vir befondsing gedek word nie. Bespreek asseblief al u opsies met u behandelingverskaffer en neem ingeligte besluite oor u en u geliefdes se sorg.
U moet 'n Voorafmagtigingsnommer (VAM) by GEMS kry deur 0860 00 4367 te kontak.
Wanneer moet ek vir 'n VAM aansoek doen?
Indien u beplan om in die hospitaal opgeneem te word (buitepasiënt of binnepasiënt) of om vir 'n skandering te gaan, laat weet ons asseblief ten minste 48 uur voordat u hospitaal toe gaan.
Wat gebeur in 'n noodgeval as ek nie vir 'n VAM kan aansoek doen nie?
Indien u vir noodbehandeling moet gaan, of oor 'n naweek, op 'n openbare vakansiedag of snags in die hospitaal opgeneem moet word, moet u of 'n familielid die Fonds op die eerste werkdag ná die insident skakel.
Wat gebeur indien ek nie om 'n VAM aansoek doen nie?
Indien u versuim om voorafmagtiging vir 'n beplande gebeurtenis te kry, of om magtiging te kry op die eerste werksdag ná 'n noodgeval, sal u aanspreeklik wees vir 'n boete van R1 000.
Hoe doen ek na-ure aansoek om VAM?
Die selfdiensgerief is ná gewone sake-ure tot lede se beskikking.
Behandelingsverskaffer se praktykkode (Praktykkode van die verskaffer, bv. dokter, radioloog, ens.)
Watter inligting moet ek gereed hou as ek vir VAM aansoek doen?
U GEMS-lidmaatskap- en u ID-nommer
Die naam en geboortedatum van die pasiënt
Die opnamedatum en die voorgestelde datum van die operasie (indien van toepassing)
Die naam van die dokter en sy/haar telefoon- en praktyknommer, indien beskikbaar
Die naam van die hospitaal en hul telefoon- en praktyknommer, indien beskikbaar
In die geval van 'n CT-skandering, MRI- of radiologiese prosedure, moet die naam en praktyknommer van die radiologiese praktyk ook verstrek word
Vra u dokter vir 'n volledige beskrywing van:
die rede vir opname in die hospitaal of rede vir die skandering;
die verwante mediese diagnose; en die beplande prosedure, asook die tariefkodes wat die dokter van plan is om te gebruik.
U EISE IN 'N NEUTEDOP
Verstaan die eisebetalingsproses
Die eerste stap om te verseker dat u eis suksesvol verwerk en betaal word, is om die eisebetalingsproses te verstaan.
Wie kan eise indien?
Die lid (uself) of die gesondheidsorgdiensverskaffer (u dokter) kan eise indien.
Hoe word die eis verwerk?
Die Eisedepartement ontvang, takseer en keur betaling van geldige eise goed in ooreenstemming met Fondsreëls en beskikbare voordele.
Wanneer word eise betaal?
Twee keer per maand tydens elke betalinglopie.
Word medisyne-eise intyds verwerk?
U apteek kan medisyne-eise elektronies by die verkoopspunt indien, waar al die reëls binne sekondes beslis kan word. Dit beteken dat u onmiddellik sal weet wat u voordelestatus is en dat u u medikasie sal kry sonder dat enigiemand aandring dat u kontant daarvoor moet betaal.
Redes waarom eise geweier word
Dit is belangrik dat die Fonds die jongste lidmaatskapinligting ontvang ten einde u eise te verwerk. Ons het hierdie inligting nodig om seker te maak dat ons eise korrek uitbetaal, en dat ons lidmaatskaprekords altyd volledig en op datum is. Dit is ook belangrik dat lede hul afhanklikes se ID-besonderhede aan die Fonds verskaf. Wanneer u eise vir afhanklikes indien, verseker dat hulle geregistreer is en dat hul besonderhede op die eisvorm verskyn. Die Fonds benodig ook 'n afskrif van u afhanklikes se geboortesertifikaat(e) of ID-dokument(e) om te verseker dat premies ten volle betaal is.
Stuur die dokumentasie per pos na: Premiebestuur, Privaatsak X782, Kaapstad 8000 of per faks na 0861 00 4367 of deur e-pos te stuur na enquiries@gems.gov.za.
Dit is belangrik om voorafmagtiging te kry vir behandeling soos onkologie en hospitalisasie. Ná die magtiging moet u dokter GEMS steeds in kennis stel van enige verandering in u behandeling, aangesien u magtiging geëvalueer en bygewerk moet word. Indien dit nie gedoen word nie, kan u eise afgekeur word of uit die verkeerde voordeel betaal word, aangesien daar nie 'n lidmaatskapkaart vir gesondheidsorgdienste te gebruik nie. Enige eise wat aan u of aan 'n gesondheidsorgverskaffer betaal word ná u uittrede uit die Dit is in u belang om te verseker dat u die eisebetalingsproses verstaan om enige ongerief met die skikking van u eise te vermy.
Kontak GEMS by 0860 00 4367 indien u onseker is hoekom u eis geweier is.
Maak asseblief seker dat die volgende besonderhede korrek is:Ons het die volgende inligting nodig:o Verskaffertipe (algemene praktisyn, apteek, tipe spesialis, ens.)
Rekeninghouer o Diensdatums
Rekeningnommer o Toestand wat behandel is
Banknaam o Uiteensetting van behandeling wat uitgevoer is (prosedures en konsultasies)
Takkode; eno Uiteensetting van toetse wat uitgevoer is (bv. patologie en radiologie)
Rekeningtipe (tjek/lopend of spaar)o Medikasie, individueel gelys en gepryso Bykomende items, gelys met volle naam en prys Faks asseblief hierdie inligting na 0861 00 4367 of stuur dit per e-pos na enquiries@gems.gov.za. Indien bogenoemde dokumentasie in 'n vreemde taal is, maak asseblief seker dat 'n volledige Engelse vertaling aan GEMS gestuur word.U kan dit ook by een van die GEMS-streekkantore indien of dit pos na: GEMS,
Eise: Wat het ons nodig om u terug te betaal?
Om u sowel as u Fonds te beskerm, word terugbetalings aan lede elektronies gedoen. U moet derhalwe verseker dat die Fonds u korrekte bankbesonderhede het.
OORSKAKELING NA 'N ANDER VOORDELE-OPSIE
U kan u voordele-opsie slegs een keer per jaar wysig. As u besluit om u opsie te U hoef nie 'n opsiekeusevorm in te vul as u met die bestaande opsie wil wysig, sal die lidmaatskap van u nuwe opsie op 1 Januarie die volgende jaar begin. voortgaan nie. Indien enige van u persoonlike besonderhede egter verander het, GEMS sal elke jaar in November inligting oor nuwe voordele en 'n opsiekeusevorm is die opsiekeusevorm ook 'n handige manier om te verseker dat ons u mees vir die volgende jaar aan u stuur. onlangse kontakbesonderhede het. Enige ander versoeke om 'n opsie gedurende 'n voordeeljaar te wysig, moet aan die Raad van Trustees voorgelê word vir goedkeuring.
GEMS-DIENSTE - Vir u gesondheid en geluk
U kan nou voordeel trek uit die geleentheid om professioneel by u werkplek getoets te word vir bestaande en potensiële gesondheidsrisiko's. Ons doel is om u en werknemers in u departement in staat te stel om gesondheidsrisiko's vroeg op te spoor, sodat die ontwikkeling van siektes voorkom of beperk kan word.
Gesondheidsorg-beroepslui is beskikbaar om u gesondheidsrekord persoonlik met u te bespreek en om mediese siftingstoetse uit te voer. Die uitslae van die toetse sal individueel met u bespreek word. U sal raad ontvang oor stappe wat u kan doen om u gesondheid te verbeter.
Boonop word kop- en nekmasserings verskaf as 'n heerlike toegif!
Watter gesondheidstoetse sal gedoen word?
U sal 'n mediese geskiedenis-vraelys moet invul wat aan die mediese beroepslid insig sal gee in u gesondheidsrisikoprofiel voordat daar toetse gedoen word.
Die volgende vrywillige toetse word by die toetssessies uitgevoer:
Bloeddruktoetse;
Bloedsuiker en cholesterol (een prik op die vinger nodig);
Gewig en lengte, met liggaamsmassa-indeks (BMI); en
Middellyf-omtrek.
Berading en inligting word die dag gebied
Indien die vraelys of toetse wys dat u die risiko loop om gesondheidsprobleme te ontwikkel, sal die mediese beroepslid berading en advies verskaf oor stappe wat gedoen moet word om toekomstige risiko te beperk of te vermy.
Inligtingsbrosjures oor onderwerpe soos rook, oefening en gewigbeheer word ook voorsien.
Vertroulikheid
Alle inligting en toetsuitslae is vertroulik en sal nie aan enige Regeringsdepartement of sy amptenare verskaf word nie.
n GEMS-welwees-toetsdag kan bespreek word deur die bestaande versoekprosedure vir GEMS-aanbiedings te volg, naamlik via die GEMS-inbelsentrum en deur die opsie te kies om by GEMS aan te sluit; so nie, kan u e-pos stuur na join@gems.gov.za en 'n versoek via e-pos rig. U kan ook een van ons bemarkingsverteenwoordigers vra wanneer hulle u departement besoek.
Indien die versoek binne ons standaard bestek vir welwees-siftingstoetse val, sal dit binne 24 uur deur GEMS bevestig word, en kan ons uitsien na 'n genotvolle dag.
GLOSSARIUM
Wat beteken daardie akroniem?
Akute medikasie: Medisyne wat vir 'n tydelike siekte of toestand voorgeskryf is om simptome van infeksies, verstuitings, ens. te verlig, of 'n homeopatiese middel.
Aanvullende Chroniese Siektelys (ACSL): Dit is chroniese siektes wat bykomend is tot dié wat verskyn in die gepromulgeerde lys van 26 siektes waarvoor die Fonds chroniese medikasie-voordele verskaf.
Begunstigde: 'n Begunstigde is óf die GEMS-hooflid of een van sy/haar geregistreerde afhanklikes.
Chroniese Siektelys (CSL): 'n Gepromulgeerde lys van 26 chroniese toestande waarvoor 'n verpligte minimum behandelingsvlak bestaan.
Konsultasie: 'n Besoek aan u dokter, chirurg of ander diensverskaffer om 'n diagnose en/of behandeling te kry.
CT-en MRI-skanderings: Spesiale X-strale wat van die binnekant van die liggaam geneem word om die oorsaak van 'n siekte op te spoor.
Aangewese Diensverskaffer (ADV): 'n ADV is 'n gesondheidsorgverskaffer wat deur die fonds aangewys is om spesifieke dienste aan lede te bied.
Algemene Praktisyns (AP's): Dokters wat algemene kundigheid het en nie net 'n spesialisdiens lewer nie.
Generiese medikasie: Generiese medikasie het dieselfde chemiese bestanddeel, sterkte en formulering (m.a.w. tablet, stroop) as die oorspronklike handelsmerknaam-produk. Die Medisynebeheerraad (MBR) gaan die gehalte van alle generiese en handelsmerknaam-medikasie na voor dit geregistreer word. Generiese medikasie is net so veilig en doeltreffend soos die oorspronklike handelsmerknaam-produk, maar gewoonlik meer bekostigbaar.
Medisyne-voorskriflys: 'n Medisyne-voorskriflys is 'n lys kostedoeltreffende medisynes wat 'n dokter lei in die behandeling van spesifieke mediese toestande. Medisyne-voorskriflyste word voortdurend deur mediese spesialiste nagegaan en bygewerk om te verseker dat dit strook met die jongste behandelingsriglyne.
Medisyne-uitsluitingslys (MUL): 'n Uitsluitingslys wat spesifiek is aan GEMS, wat betaling vir sekere medisynes om verskeie redes uit die Akute Voordeel uitsluit.
Medisyne-pryslys (MPL): MPL is 'n prysgewingstelsel vir verwysing wat geld vir sekere groepe medisyne wat generies soortgelyk is.
NGVPL: Nasionale Gesondheid Verwysingspryslys (NGVPL): Die mees onlangse verwysingspryslys vir gesondheidsdienste wat deur die Nasionale Departement van Gesondheid gepubliseer is.
Persoonlike Mediese Spaarrekening (PMSR): Die Fonds ken 'n gedeelte van u maandelikse bydrae aan 'n spaarrekening toe wat in u naam gehou word. Die geld in hierdie rekening word gebruik om te betaal vir u mediese onkostes buite die hospitaal. Wanneer die geld in u rekening opraak, raak hierdie voordele ook op.
Voorafmagtiging: Die proses om GEMS voor die tyd in te lig oor 'n beplande prosedure sodat goedkeuring verkry kan word.
Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV'e): Dit is basiese voordele wat vir sekere mediese toestande voorsien word, bv. Asma, Hipertensie, ens. wat volgens wet deur alle geregistreerde mediesefondse voorsien moet word.
Voorkomende Sorg: GEMS betaal deur die blokvoordeel, of PMSR in die geval van Ruby, vir hierdie dag-tot-dag voorkomende sorgvoordeel in alle opsies. In Ruby is daar egter bykomende dekking buiten die dag-tot-dag-voordele vir voorkomende toetse buite die hospitaal. Dit beteken dat die koste van voorkomende dienste vir Ruby-lede, soos beskryf in die voordeleskedule, deur die Fonds se risikopoel gedek word, en nie deur die lid se spaarrekening en/of blokvoordeel nie.
Hooflid: Dit is die hooflid wat by die Fonds geregistreer is.
Professionele Resepteringsfooi (PRF): 'n Gepromulgeerde maksimum fooi wat 'n apteker of resepterende dokter mag hef vir dienste gelewer.
Geregistreerde afhanklike: 'n Persoon of persone wat afhanklik is van die hooflid en wat deur die Fonds geregistreer is om te deel in die voordele wat aan die hooflid gebied word.
Beperkte mediesefonds: 'n Mediesefonds waaraan slegs werknemers van 'n spesifieke organisasie mag behoort.
Fondstarief: Die tarief wat deur die Fonds en sy diensverskaffers onderhandel is ten opsigte van betaling vir dienste wat die diensverskaffers aan lede van die Fonds gelewer het.
Gedeelde limiet: 'n Gedeelde limiet is 'n voordeelbedrag wat vir twee of meer voordelekategorieë geld. 'n Goeie voorbeeld is die Gevorderde Radiologievoordeel met sy buite-hospitaal- en binne-hospitaal- gedeelde limiet. Dit beteken dat, indien u die volle voordeelbedrag vir buite-hospitaal-voordele gebruik, die binne-hospitaal-voordele vir daardie spesifieke voordeelkategorie ook uitgeput sal wees.
Enkel-aanbevole Prys (EAP): Dit is 'n gepromulgeerde basiese prys wat aptekers of resepterende dokters vir medikasie hef.
Spesialiste: Dokters wat gespesialiseer het op 'n spesifieke mediese terrein soos onkologie, pediatrie of ginekologie.
GEMS-KONTAKBESONDERHEDE
Algemene Navrae (Lede)
Tel: 0860 100 646 Faks: 0800 600 773
VOORNEMENDE LEDE
MENSLIKE HULPBRONNE-PRAKTISYNS
Streekkantore
WES-KAAP
